George en Charlene | Wedding | Galagos Country Estate

George en Charlene | Wedding | Galagos Country Estate

Love is a song that never ends. Bambi (Disney)

Hier is my eerste afrikaanse blog. eeek.

George en Charlene het ‘n baie spesiale troudag gehad by Galagos Country Estate. Ek het onlangs hulle verlowingsfotos geneem en ek het sommer geweet dat dit ‘n fees gaan wees om hulle troue vas te vang, maar ek was definitief nie voorberei toe George vir Charlene sien en hy toe ‘n paar traantjies pik nie! Blykbaar huil hy nie…

Hierdie is definitef ‘n eerste vir my. Elna, Charlene se ma, het my op dieselfde tyd bespreek vir haar dogter (Charlene) EN haar seun (Rohan) se troue…en hulle trou ongeveer 5 weke uitmekaar (2Nov).

Rohan en Neruschke het dit nie beplan nie, maar hulle troue val op die Rugby Wêreldbeker finaal, waar SA teen Engeland speel! Dit is ‘n bietjie bittersoet vir my, want ek kan nie wag vir die troue nie, maar ek gaan nie kan kyk nie want ek gaan werk en fotos neem.

Galagos het die mooiste woud en as die son laat middag deur die bome skyn maak dit regtig die mooiste lig!

Ek was ook vriendelik verbaas toe ek op die dag sien ‘n vriendin Ciszeldi van Cloe en Co doen die makeup! Haar makeup is baie mooi en ek het al menigmale saam met haar gewerk!

Ek dink hierdie is genoeg woorde, kom ons laat die fotos die res van die praatwerk doen!

Verskaffers op die dag:

Grimmering: Cloe and Co | Hare: SkinPHD Zambezi | Rok: Bridal Manor | Juwele: Swarovski | Blomme en Dekor: Purple Bell | Venue en kos: Galagos Country Estate (Koordineerder: Leandre)

Koek: Baker Boys | Printwerk: The Allora Collection | DJ: Eugene (Galagos)

Hier is die fotos. Los asb ‘n boodskap aan die einde…’n klien bietjie liefde gaan nogals vêr!

(Click on the image to enlarge)

Wynand van der Merwe

I am a destination wedding and family photographer based in Johannesburg, South Africa. I love spontaneous natural moments during weddings that nobody really sees, and which I get to capture! Wow, what a privilege. I also love fun and quirky moments, which makes each wedding unique, fun and memorable!

I am also passionate to create natural yet mind-blowing photos. I love it when couples take a moment to forget about me as the photographer and just enjoy each other’s company and the moment right in front of them. Those moments are priceless and just a joy to capture.

I also love ending weddings off with a very creative sparkler photo, where I run around you just like a headless chicken…which always adds for some fun at the end of a long day!

http://www.wynandvandermerwe.com
Previous
Previous

Teaser! Rohan en Neruschke | Troue | De La Mas Venue

Next
Next

Teaser! Ferreira and Michelle | Wedding | Oakfield Farm